Voetloose

My werk behels dat ek baie rondry, tot 200-300 km per dag en dat ek met grootmense en kinders werk. Die kombinasie van die drie faktore hoop nogal baie spanning op en die gevolg is dat ek met die mense vir wie ek die liefste is, ongeduldig is. Van nature is ek  ‘n  haastige mens. Alles moet dadelik gebeur en afgehandel word sodat ek na die volgende kan aanskuif. Onmiddellike resultate moet plaasvind.

Nou kan ek nie meer daardie houding inneem nie. Ek is afhanklik van ander. Ek moet geduldig wag, sukkel, stadig regkom – alles in skrille kontras met my natuur.

Maar die gevolge is uiters positief: ek is baie rustig, ervaar geen spanning, ongeduld of ongedurigheid nie. As iets nie nou gedoen kan word nie, moet ek net eenvoudig wag. Die verhouding tussen my en my man het in die laaste paar dae sommer met rasse skredes verbeter, want ek is nie meer ongeduldig nie. Ek is afhanklik van hom en ek dink ‘n man hou daarvan om vir ‘n hulpelose vrou te sorg. Die teerheid en omgee van voorheen, is terug.

Ek glo die Vader het my met opset hierdie operasie laat ondergaan om my tot stilstand te bring, sodat dinge wat op geestelike-, siel- en emosionele vlak nie reg was nie, reggemaak kan word. Ek bid dat ek hierdie tyd nuttig sal aanwend om te bereik wat Hy wil hê ek moet bereik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s