Nuwe Reeks

Hiermee begin ek ‘n reeks oor gewaarwordinge, ervarings en lesse uit die tydperk van onaktiwiteit tydens my herstel na die voetoperasie.

‘n Voetoperasie kluister my tydelik aan die huis en hoofsaaklik aan die bed of bank vas. Ek moet so min moontlik op die voet trap, maar ek moet tog ook oefening kry. So, ‘n fyn balans tussen net die regte hoeveelheid rus en rits moet bepaal en gehandhaaf word.

Jou voet is so deel van jou soos asemhaal. Jy dink nie daaraan as jy hom soggens oor die kant van die bed swaai om die dag te begin nie. Hy is maar net altyd daar as jy van een plek na die ander haas in jou dagtaak. Hy trap die petrol, koppelaar of rem, rol die babawaentjie stadig heen en weer om vir sussie aan die slaap te sus terwyl jy op die skootrekenaar werk, doen saam inkopies, trappe op en af, pas skoene  aan en verdra hul, mooi maar ongemaklik, om jou ego en ydelheid te streel. Hy trap goggas dood, skop balle en ry fiets. Hy rond jou af, is vir sommige mans aanloklik en verskaf werk aan skoonheidsterapeute. Soms word hy met ‘n toonring of enkelketting versier.

Maar laat hy die dag buite aksie wees!

Skielik is die vryheid om net op te spring en gou iets in ‘n ander vertrek te gaan haal, nie meer daar nie. Alles moet vir jou aangedra, gedoen word. Selfs die maak van koffie en die dra daarvan na die woonkamer, is onmoontlik met krukke in albei hande. Als vind stadiger plaas as gewoonlik. Die beste plek is plat op jou rug op die bed met die voet bo-op drie kussings gestut.

In ‘n besige lewenstyl is hierdie voetlose verposing in werklikheid ‘n genade en seën, ten spyte van die verlore vryheid. Om jouself net weer te vind, jou innerlike te ondersoek en te deurgrond, om tyd te hê vir uitgerekte gedagtes en leessessies, is ‘n weelde wat ‘n werkende vrou selde beleef. Halfklaar brei-, hekel- en krale-projekte kan moontlik nou afgehandel word. Die mosaiek-droom kan dalk ook nou vorm kry.

Die twee maande wat voorlê is dalk ‘n smakie van aftrede, ook nie so ver in die toekoms nie. Om hiervan ‘n sukses te maak, is dalk ‘n goeie voorloper vir daardie werklose en potensieel vervelige tydperk in jou lewe.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s