Oudste dogter

Ek en my dogters se pa is geskei toe my oudste dogter in graad 10 was. ‘n Morsige egskeiding wat niemand dieselfde gelaat het nie.

En die meeste my skuld, verkeerde keuses en optrede.

Vir jare het my kinders die verwoesting teen my gehou, aangeblaas deur hul pa. En my skuldgevoelens het dienooreenkomstig toegeneem. Veral snags wakker gelê en wens tyd kon terugdraai. Die afstand wat hierdie gebeurtenis tussen ons veroorsaak het, het voortgeduur tot in hul albei se volwassenheid. Ek het my daarmee probeer versoen: daar sal nooit die tipiese moeder-dogter vertrouensverhouding tussen ons wees nie.

Die dag nadat ek geopereer is, het my oudste dogter my verras met ‘n besoek, waarvoor sy ongeveer 110 km moes ry. En vir ure gebly, my gehelp met dingetjies, lekkers gaan koop, die oefeninge van die fisio eergeskryf sodat ek dit kan onthou. My die leviete voorgelees dat ek my stil moet gedra.

Ek was nederig dankbaar. Sy gee om.

Sondag, in dieselfde week, het sy weer kom kuier, die keer by die huis. Gevra wat sy moet saambring en met twee inkopiesakke ingestap. Dadelik oorgeneem, kaste oopgemaak, tee gemaak. My beveel om stil te sit. En tussendeur gesels ons, soos ma en dogter moet.

Haar verjaardaggeskenk is onder andere 6 silikoon kolwyntjie vormpies. Ons besluit om dit dadelik uit te toets. Ek mag nie opstaan om bestanddele en bakke bymekaar te maak nie,

Sy is in beheer. En steeds gesels ons oor alles en nog wat. Daarna hamburgers vir middagete.

Sy is ‘n Phd student in Genetika. Voorheen sou sy sarkasties reageer as ek uitvra oor haar navorsing. Nou brei sy sommer self uit. Verduidelik geduldig waaroor haar projek gaan, hoe selle werk en hoekom sommige mense so lyk en ander anders. Uiters interessant .

Ek besef skielik dat sy nou ‘n deskundige is op dit waaroor sy gesels, haar veld van studie. Sy kan gesaghebbend praat oor dit wat sy na 8 jaar se studie weet. Ek is mateloos trots op haar.

En die beste is dat sy duidelik wys sy gee vir my om. My gesondheid is vir haar belangrik.

Vader, plaas asb u beskermengele in ‘n kring om haar waar sy in haar woonstelletjie of kar of by die werk is. Raak haar hart aan dat sy die “onsinnigheid” van die Evangelie kan versoen met die feitelike inhoud van haar werk. Sy is kosbaar vir my, dankie dat U haar vir my as geskenk gegee het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s