Kersfees

Terug na voetdokter vir opvolgbesoek. Alles oopgemaak en bekyk. Hy is tevrede. Die skewe toon is nou in lyn en die onooglike knobbel langsaan weg.

Nog vier weke in die nuwe gips en verband. Tot net voor Kersfees!

Kersfees… Verlede jaar het ek die volgende oor Kersfees geskryf:

Kersdag 2011. Ek wens die Vader in die kerk geluk met sy verjaarsdag. Kort daarna vertel die dominee dat hierdie datum uit ‘n sekulêre aanbidding van die songod spruit en dat die gelowige mense dit later gekies het om juis die sekulêre na die heilige te verander. Christ-mas het Kers-fees in Afrikaans geword. 210 brandende kerse in alle vorms en groottes voor die kansel onderstreep die woord.

Links van my sit my man en regs my ouers. My wens is dat my twee dogters ook weer langs my in die kerk sal sit. Hul is egter nog in hul stadiums van rebellie teen godsdiens en reëls. Maar ek en die Vader werk daaraan.

Tot dusver het niks aan bogenoemde verander nie. Baie het egter in die jaar wat verloop het, gebeur. Daaroor later, of dalk nooit…

Maar Kersfees is elke jaar, sedert ek ‘n volwassene is, ‘n kwessie. Nie oor die betekenis van die dag of my geloof daaroor nie.

Oor dit wat mense daarvan maak. En nie winkeleienaars en besigheidsmense nie. Eie familie, naastes. Die hele toutrekkery oor wie se beurt dit is om Kersfees aan te bied, by wie se huis, hoeveel geskenke, wat dit kos, wie kry wat. Wie maak watter dis, koud, warm, binne, buite, poeding, hoender, boud, ham…  En dan nog die kwessie van persoonlikhede, gevoelens, wie op watter stadium waaroor in ag geneem moet word, wie mag nie langs wie sit nie, watter onderwerpe mag nie bespreek word nie…  Die kinders is elkeen op haar eie mission, met haar eie kêrel of vriende, min te make met die tradisies wat my ma ten alle koste wil behou. Die hele ding is soos om wilde perde in ‘n kampie te probeer kry. Die hanteerder is doodmoeg teen die tyd dat alle perde binne is. So voel ek, doodmoeg nog voor die seisoen begin het.

Dit maak my geestelik siek.

Die lekkerste Kersfees in die laaste 10 jaar was die een alleen saam met my man, toe nog my kêrel, op ‘n plaas ver weg van die “maddening crowd”.

Maar elke jaar gee ek in, word in die maalkolk ingetrek, koop geskenke, kos, kerse, geskenkpapier… omdat ek jammer voel vir my ma en  haar haar sin wil gee. ‘n Mens weet nie hoe lank sy nog by ons is nie…

Die beklemming van die naderende Kersseisoen is besig om weer toe te sak. Daardie gevoel van iets wat jy moet doen, maar met alle mag nie wil doen nie.

Hoe wil ek dan Kersfees vier?  Iewers op ‘n heilige berg, aan die voete van ‘n Kruis met gebede en gewyde liedere in die teenwoordigheid van my Skepper. Dankbaar vir wat Hy vir my gedoen het. Met al my geliefdes om my.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s