Badkamers

Noudat ek elke dag by die huis is, besluit my man dis tyd om die badkamers oor te doen. So is die werkers dan nie alleen in die huis as hy ook iewers heen moet gaan nie. Hy werk van die huis af en is dus in en uit, afhangende van die situasie.

In my twintig plus jare van getroude lewe, het ek nog elke keer in ‘n huis met ou lelike badkamers ingetrek:  die woonstel kort na my eerste troue, die huis daarna, die tweede huis, die woonstel na die egskeiding, die huis saam met my tweede man, die koshuis op ons nuwe dorp, die huis op die dorp nadat ek van werk verander het en ons die koshuis moes verlaat.

Twee keer het ons in my vorige lewe ‘n badkamer oorgedoen. Eintlik net die mure en vloer. En kort daarna het ons getrek en die harde werk agtergelaat.

Nou, na drie jaar in die huis waarin ons moontlik sal aftree of ten minste nog tien jaar woon, het my man besluit dis nou of nooit. Ons het alles gaan koop: nuwe  bad, toilet, wasbak, teëls, krane en alle nodige loodgieterbenodigdhede. Asemrowend wat beskikbaar is, maar ‘n mens moet ‘n keuse maak na aanleiding van hoeveel in jou beursie is.

Die hoofelement van badkamers oordoen, is die stof wat onsigbaar deur die huis trek en op elke moontlike oppervlak, meters van waar dit ontstaan het, neerslag vind. Dit irriteer my man grensloos, maar ek besef dis nou maar net uithou en aanhou. Om met die stof geïrriteerd te raak voor alles klaar is, is teenproduktief. Stel jouself op automaties en verduur dit sodat jy jou siel nie versondig nie.

Ek is eindeloos dankbaar dat ek na 28 jaar badkamers na my smaak gaan hê. Om ongerief vir drie of vyf dae uit te staan, is die minste.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s