Seer

Fisiese pyn is soms meer uitstaanbaar as emosionele pyn.

Jy kan hoofpynpille, spierverslappers, anti-inflammatoriese middels neem en vir ure pynloos leef. Jou liggaam heel, die pyn raak minder, verdwyn eindelik heeltemal. Medemense aanvaar en hanteer ‘n ander medemens se liggaamlike pyn met simpatie, kos, blomme. En almal voel goed.

Emosionele pyn laat almal bedremmeld. Die gepynigde se trane, irrasionele optrede en afsydigheid kan nie met ‘n pilletjie gesond gedokter word nie. Medemens weet nie hoe om dit te hanteer nie. Blomme, kos en simpatie voel ongepas. Laat haar dus maar eerder met rus, tot sy vanself regkom, dink hul.

So pas in ‘n TV program die volgende woorde gehoor:  die sterkste emosie op aarde is dit wat ‘n ouer vir haar kind voel. Daarteenoor is dit seker ook waar dat wanneer ‘n kind haar ouer die rug toekeer, dit die felste pyn is wat op aarde bestaan?

Wat maak ‘n mens daarmee as jy heeljaar studie-, petrol-, bederfgeld, geskenkies, liefde en geleentheid voorsien het dat sy die studierigting van haar hart volg, maar geen dankie in jou rigting gegee word nie? Wat maak ‘n mens daarmee dat sy as die beste student van haar jaargroep aangewys word en twee ander pryse wen, maar jy mag nie teenwoordig wees by die prysuitdeling nie omdat jy op krukke is? Wat maak ‘n mens daarmee as die enigste reaksie op al jou lofuitinge ‘n versoek is om geld in te betaal sodat haar sukses saam haar vriende gevier kan word? En wat maak ‘n mens daarmee as jou voorstelle om dingetjies wat deur die kwartaal agterweë geraak het, die vakansie wat voorlê aan te spreek en uit te sorteer, begroet word met ‘n “ek het hard gewerk hierdie jaar, so ek wil dit nie ook nog van Ma af hê nie“?

Aan die einde van ‘n dag van trane, teleurstelling, ongeluk besef ‘n mens jy is maar net ‘n beursie in ‘n student se lewe. En daarom sal die dik vel van die beursie aan jou eie lyf beskerming moet bied teen toekomstige ondankbaarhede.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s