Driehoeke

Gisteraand kry ek ‘n duidelike prentjie van die lewensdriehoeke waarby ek betrokke is.

Daar is die driehoek tussen my oudste dogter, my ouers en ek:

Dogter het een van Pa se episodes van dronkenskap beleef. Dit was erg, uiters ontstellend, gewelddadig, lelik. Vir die soveelste keer het Ma hom verlaat en hy het uiteindelik op 75 vir professionele behandeling gegaan. Hy is nou al 4 maande sober. Early days, ja. Ma het vir die soveelste keer weer ingegee en teruggegaan. Dogter het hul eenvoudig albei uit haar lewe gesny. Haar wetenskaplike brein sien net swart of wit. Die grys tussen-in is nie vir haar sigbaar of aanvaarbaar nie. Sy is die oudste kleinkind, Ouma se oogappel. Ek staan in die middel, verstaan beide kante – maar voel magteloos om iets te doen. Dogter is 27, met genoeg voortvarendheid van die jeug om verantwoordelikheid vir haar besluit te aanvaar.

‘n Tweede driehoek bestaan tussen my en my twee dogters:

Na die egskeiding van hul pa, het ek die verhouding tussen ons verwaarloos. Die gevolg daarvan is dat die dogters elkeen geleer het om te vroeg reeds ‘n selfstandige mens te word wat nie die hulp en teenwoordigheid van hul ma nodig het nie. Behalwe as daar geld by betrokke is.

Die derde driehoek is tussen my oudste dogter, my tweede man en ek:

Ironies genoeg verjaar hulle twee op dieselfde dag. Het min of meer dieselfde soort persoonlikhede. Soos dieselfde pole van twee magnete, stoot hul mekaar af.

Hierdie driehoeke is glasskerwe wat met skerp punte alle pogings tot verhoudings aan flarde ruk. Ek trap voortdurend op die glasstukke rond, my voete bloederige pyn.

Vader, vir hierdie Kersfees vra ek dat U die driehoekpunte sal kom rond skaaf, dat dit sirkels word en dan ineenvloei om een groot sirkel te vorm wat al my geliefdes insluit. Dankie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s