Geen kontak

My ma karring nou al dae lank oor hoekom haar oudste kleindogter geen kontak maak of hul oproepe beantwoord nie. (Sien inskrywing Driehoeke.) Ek vermy die vraag of antwoord enigiets net om haar tevrede te hou.

Vandag het my dogter kom kuier. My dokter toe geneem om die gips om die voet te laat afhaal. Op pad soontoe gesels ons oor die kwessie.

Wat moet ek antwoord as Ouma weer vra hoekom jy nie jou foon antwoord nie?

Die waarheid, kom die antwoord. Ek wil nie met hul praat nie.

Sy sal wil weet hoekom nie?

Want ek glo dat indien sy jare gelede al vir oupa gewys het sy gedrag is nie aanvaarbaar nie, sou dit baie pyn, lyding en ongelukkigheid vir baie mense gespaar het. So, ek hou haar verantwoordelik vir die voortbestaan van hierdie situasie. Met hom wil ek net eenvoudig niks meer te doen hê nie, hys ‘n aaklige mens. Die mens reageer net op straf of beloning. Hierdie is dus nou die straf vir hul optrede. ‘n Straf wat, indien dit jare gelede toegepas is, die lewe vir die hele familie beter sou gemaak het.

My 27 jarige dogter het die moed om te doen wat ek ook op daardie ouderdom wou doen, maar te lafhartig was om deur te voer. Hoeveel briewe, dreigemente, woordewisselings het plaasgevind, sonder sukses, want ons het elke keer ingegee, toegegee, nice gewees … en die manipuleerder het daardie sagtheid in sy prooi uitgebuit en gebruik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s