Herstelwerk

Uiteindelik is die gips en die blou beskermende skoentjie af. Die x-strale stel die dokter tevrede en hy wil my eers oor ‘n maand weer sien. ‘n Spesiale stut om die groottoon reguit te trek word bestel. Ek moet fisio toe om al die ligamente en gewrigte wat vir twee maand onaktief was, weer aan die gang te kry. En ek moet normaal loop, nie kompenseer vir die seer voet nie.

Dis seker hoe ‘n skoenlapper voel wat uit sy kokon bevry word.

Die fisieke herstelwerk aan my liggaam is byna voltooi. Dit was ‘n sukses en die afronding sal met tyd plaasvind en afgehandel word.

Die geestelike herstelwerk aan die verhoudings om my het egter nog heelwat werk nodig:  afbreek,  regmaak, opbou, messelwerk…

Dinge wat nie in my hande lê nie. Ek plaas hierdie herstelwerk aan die voet van die Kruis en vra dat die groot Hersteller sal oorneem, want net Hy kan dit perfek doen. Ek tree uit die pad van Sy handewerk om nie ‘n versperring te wees nie.

Geseënde Kersfees – in die ware betekenis van elkeen van die twee woorde!

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s