Kersdag

Dis verby. Loshande die onverkwiklikste Kersdag in jare.

Ek word tussen die driehoeke rondgetrek en gestoot: my pa, die oorsaak van die spanning, wat oor koeitjies en kalfies wil gesels asof hy nie maande tevore vir die ontelbaarste keer die mense naaste aan hom met geweld uit die huis wou gooi nie , my ma met haar aansitlaggie omdat haar lieflingskleindogter nie teenwoordig is nie, my jongste dogter en kunstenaarskêrel wat oë rol en opstandig raak as ek vrae vra en, laastens, my man wat glad nie die eierdans wat permanent in ons familie gedoen word, verstaan nie. O ja, en natuurlik ek, die middelpunt van die driehoeke, wat heeldag systappies moes doen om die skerp kante te vermy.

Spreekwoordelik ‘n geval van daar is ‘n olifant in die kamer, maar almal gee voor hul sien dit nie raak nie.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s