Trans Party

Soos die einste koppies waarin ons kort gelede tee gedrink het tydens die high tea geleentheid hul op die stoep ter pletter sou val, spat my behaaglikheid oor die kuiertjie in skerwe toe Jongste vir geld vra om na ‘n trans party toe te gaan.  Ek weier vriendelik maar beslis. Sy het ‘n kort vakansiewerkie gehad en kan dus uit eie sak daarvoor betaal.

‘n Orkaan van beskuldigings word ontketen. Ou koeie uitgesleep. Lelik, seer.

Ek behou wonder bo wonder my kalmte tydens die storm. Ons kommunikeer op die selfoon, met WhatsApp. Dit help om die emosie te temper. Die aanbiddingsliedere waarna ek luister terwyl hierdie gesprek gevoer word, glo ek, help. Die Here self is daar, dis asof  Hy die woorde wat ek antwoord, tik, die gedagtes in my kop sit. Nie een negatiewe, afbrekende of selfs kwaai woord van my kant af nie. Kalm, gefokus, onbeïnvloed deur die stroom kritiek en emosionele manipulasie deur. Ek hou voet by stuk.

Ek het nie ‘n toe hand as sy deur die jaar heen geld vra nie – wat dikwels gebeur.  Maar ek weier om hierdie soort partytjies te finansier. Ek weet nie wat daar gebeur nie, maar die naam gee reeds vir my ‘n aanduiding dat dit nie ‘n aktiwiteit is waaraan ek my geld wil spandeer nie. Ek wil ook nie my kind daar hê nie, maar op 22 kan ek haar nie meer soos ‘n tiener verbied nie. As sy dus daar wil wees, moet sy op eie stoom daar kom.

Ek weet die verskoning sal ook kom, dat sy jammer is oor als wat gesê is. Het dit male sonder tal al beleef.

Ten spyte van bly ek lief, want sys myne, vlees van my vlees.

En dikwels is hierdie episodes dalk  juis ‘n manier om my eie karakterfoute soos ‘n spieël in my gesig te kom druk, want die ooreenkomste tussen hierdie ma en dogter is opmerklik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s